Finistère: Verskil tussen weergawes

Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Voyageur (besprekings | bydraes)
kNo edit summary
Lyn 14:
president=[[Pierre Maille]] |
ligging=[[Beeld:Finistère-Position.png]]
}}[[Beeld:Carteroute29.jpg|thumb|200px|right|Kaart van Finistère]]Die [[département]] '''Finistère''' ([[Bretons]]: Penn-ar-Bed) is die mees westelike punt van [[Frankryk]] met 'n oppervlakte van 6 733 km² en sowat 855 000 inwoners ([[2003]], waarvan meer as 100 000 mense [[Bretons]] - naas Frans - as huistaal praat); die naam is afgelei van die Latynse ''finis terrae'' en beteken letterlik "die einde van die wêreld". Die vasteland van[[ Europa]] eindig hier in 'n asemberowende skouspel van natuurskoon, lig en kleure wat al sedert die [[19de eeu]] skare kunstenaars trek. Alhoewel dit die geografiese einde van Europa vorm, staan Finistère aan die begin van die Bretonse geskiedenis. Dit is die landingsplek van die [[Kelt|Keltiese]] setlaars, wat in die 5de en 6de eeu vanuit [[Cornwall]] na die Europese vasteland gekom het. Die naam van hulle oorspronklike tuisland leef voort in [[Cornouaille]], 'n streek in Finistère.
 
Die landskap van Finistère is 'n geskakeerde vlakte van velde, heideland en bosgebiede wat geleidelik oorgaan in die Monts d'Arrée, berge wat sowat 400 meter bo seevlak lê. Koue winde in die winter en hitte in die somer maak dit 'n leefruimte vir geharde plantspesies wat veral in die kusstrook in kleiner variante as elders groei om die winde te kan weerstaan. Die natuurreservaat van Armorika bewaar hierdie natuurerfenis.