Gaan na inhoud

Euro: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Voyageur (besprekings | bydraes)
Etiket: 2017-bronwysiging
Voyageur (besprekings | bydraes)
Etiket: 2017-bronwysiging
Lyn 11: Lyn 11:


== Onsekere toekoms ==
== Onsekere toekoms ==
Ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die Euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is - met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.<ref>[https://www.zeit.de/2011/46/Interview-Fischer/seite-3 ''Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018'']</ref> Enkele jare lank was die Euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie - die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram - die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.
Ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die Euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is - met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.<ref>[https://www.zeit.de/2011/46/Interview-Fischer/seite-3 ''Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018'']</ref> Enkele jare lank was die Euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie.
Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie - die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram - die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.


Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Ekonome wys daarop dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.<ref>[http://www.bpb.de/politik/wirtschaft/schuldenkrise/262999/ohne-klare-richtung-keine-neuen-mitglieder ''Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018'']</ref>
Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Ekonome wys daarop dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.<ref>[http://www.bpb.de/politik/wirtschaft/schuldenkrise/262999/ohne-klare-richtung-keine-neuen-mitglieder ''Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018'']</ref>

Wysiging soos op 10:52, 12 Junie 2018

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%
Die Euro se valutateken

Die Euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Euro-munte en -banknote

Die Euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 27 lande van die Europese Unie (EU) (ná die Verenigde Koninkryk se uittreding in 2019). Die Euro is bowendien die wettige geldeenheid van ses lande wat nie tot die EU behoort nie. 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die Euro gekoppel. Andere lande met die Euro as geldeenheid is Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad, wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] In Zimbabwe is die Euro een van meerdere buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[5]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die Eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die Euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die Euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[6] op 1 Januarie 2008 is die Euro ingevoer in Malta[7] en Siprus,[8] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[9] op 1 Januarie 2011 in Estland,[10] op 1 Januarie 2014 in Letland[11] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[12]

Die Euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 Euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[13]

Onsekere toekoms

Ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die Euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is - met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[14] Enkele jare lank was die Euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie.

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie - die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram - die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.

Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Ekonome wys daarop dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.[15]

Wisselkoerse

Die Eurosone: ██ 19 EU-lande met Euro ██ Ander lande met Euro ██ 9 EU-lande sonder Euro
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie: ██ Lidlande van die Eurosone ██ Wisselkoersmeganisme II ██ WKM-II-lidland met Opt-out-klousule ██ Land met Opt-out-klousule ██ Ander EU-lidlande
Gebruik van Amerikaanse dollar en Euro wêreldwyd: ██ Verenigde State van Amerika ██ Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik ██ Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar ██ Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar
██ Europese Ekonomiese en Monetêre Unie ██ Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik ██ Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro ██ Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro
Wisselkoers tussen Euro en Suid-Afrikaanse Rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die Euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
Geldeenheid Kode
(ISO 4217)
Wisselkoers[16] Gevestig op Opgelewer
Vlag van België Belgiese frank BEF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Duitsland Duitse mark DEM 70001955830000000001,95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Estland Estniese kroon EEK 700115646600000000015,6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011
Vlag van Finland Finse markka FIM 70005945730000000005,94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Frankryk Franse frank FRF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Griekeland Griekse dragme GRD 7002340750000000000340,75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001
Vlag van Republiek Ierland Ierse pond IEP 69997875640000000000,787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Italië Italiaanse lira ITL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Letland Letse lats LVL 69997028040000000000,702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014
Vlag van Litaue Litause litas LTL 70003452800000000003,4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015
Vlag van Luxemburg Luxemburgse frank LUF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Malta Maltese lira MTL 69994293000000000000,4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Vlag van Monaco Monegaskiese frank MCF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Nederland Nederlandse gulden NLG 70002203710000000002,20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Oostenryk Oostenrykse schilling ATS 700113760300000000013,7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Portugal Portugese escudo PTE 7002200482000000000200,482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van San Marino San Marinese lira SML 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Siprus Sipriese pond CYP 69995852740000000000,585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Vlag van Slowakye Slowaakse koruna SKK 700130126000000000030,126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009
Vlag van Slowenië Sloweense tolar SIT 7002239640000000000239,64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007
Vlag van Spanje Spaanse peseta ESP 7002166386000000000166,386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Vatikaanstad Vatikaanse lira VAL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
Beeld Waarde Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
€5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand[17]
€10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster[18]
€20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster[19]
€50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand[20]
€100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster[21]
€200 153 × 82 Geelbruin Die tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster[22]
€500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster[23]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks[24]
Beeld Waarde Jaar Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
€5 2013 120 × 62 Grys[25] Klassiek[25] < 5de[25] Regs bo
€10 2014 127 × 67 Rooi[25] Romaans[25] 11–12de[25] Regs bo
€20 2015 133 × 72 Blou[25] Goties[25] 12–14de[25] Regs bo
€50 2017 140 × 77 Oranje[25] Renaissance[25] 15–16de[25] Regs bo
onbekend onbekend €100 147 × 82 Groen[25] Barok & Rokoko[25] 17–18de[25] Regs bo
onbekend onbekend €200 153 × 82 Geelbruin[25] Die tydperk van yster en glas[25] 19–20ste[25] Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Notas

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55
  6. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  7. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  8. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  10. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  11. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  12. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  13. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  14. Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
  15. Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018
  16. (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Besoek op 6 Augustus 2011.
  17. (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
  18. (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
  19. (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  20. (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  21. (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  22. (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  23. (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  24. (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
  25. 25,00 25,01 25,02 25,03 25,04 25,05 25,06 25,07 25,08 25,09 25,10 25,11 25,12 25,13 25,14 25,15 25,16 25,17 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.

Eksterne skakels