Gaan na inhoud

Matriargie: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bygewerk
k SpesBona het bladsy Matriarg na Matriargie geskuif: Hierdie artikel beskryf nou die term Matriargie, na aanleiding van die verwante Patriargie.
(Geen verskil)

Wysiging soos op 22:15, 22 September 2018

Die term Matriargie verwys na 'n familie, nasie of bevolkingsgroep wat deur vrou gelei word. In sommige gevalle lei die matriarg die volk op geestelike of morele vlak, terwyl die politieke gebied oorheersend deur mans beheer word. Koningin Elizabeth word deur sommige ook as 'n matriarg beskou, alhoewel sy ook 'n monarg is.

Matriargie beteken letterlik "die heerskap van die moeder" en is saamgestel uit die Latynse mater ("moeder") en die Griekse archein ("heers, reël") of archē ("opperste-, eerste-"; "staan bo-aan". Dit is 'n Analogie tot Patriargie wat 'n baie ouer term is.

Matriargale samelewings

In matriargale samelewings woon vroue in die volk apart van die mans. Die vroue kies hulle mans uit die volk en wie die pa's van hul kinders moet wees. Geslagslyne word deur die vroue se geslagslyn gevolg en nie deur die mans s'n nie. Vroue erf deur 'n geslagslyn van mekaar, in teenstelling met mans wat tradisioneel hierdie rol vervul.

Die Minangkabau in Wes-Sumatra, Indonesië, is 'n volk van 4 miljoen mense wat deur 'n matriarg beheer word, die grootste ter wêreld.[1]

Daar is ses hoofgroepe in die wêreld wat tans so bestuur word:

  • Mosuo
  • Minangkabau
  • Akan
  • Bribri
  • Garo
  • Nagovisi

In die natuur is diere soos olifante, bye en miere ook afhanklik van die leiding van matriarge.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels