Tertius Delport
Tertius Delport | |
Minister van Plaaslike Regering
| |
Ampstermyn 1993 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
---|---|
Voorafgegaan deur | Leon Wessels |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Jacobus Tertius Delport 16 Oktober 1939 Humansdorp, Kaapprovinsie[1][2] |
Sterf | 21 November 2023 Gqeberha, Oos-Kaap[3] |
Politieke party | Nasionale Party |
Jacobus Tertius Delport (16 Oktober 1939 - 21 November 2023) was 'n voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid wat saam met Joe Slovo 'n belangrike rol gespeel het in die opstel van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet.[1][2][3] Hy was aanvanklik 'n lid van die Nasionale Party, maar het later oorgeloop na die Demokratiese Party (nou die Demokratiese Alliansie).
Beroepsopleiding
[wysig | wysig bron]Hy behaal sy BA LLB aan die Universiteit Stellenbosch en ontvang 'n LLD aan die Universiteit van Port Elizabeth, waar hy ook as dekaan van die Regsfakulteit (1976–87) gedien het.[1]
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]Hy betree die politiek in 1987 as parlementslid en dien as minister van plaaslike regering in president F.W. de Klerk se regering.
Op 9 Februarie 2009 het Delport sy afskeidstoespraak in die parlement gelewer en kritiek gelewer op president Kgalema Motlanthe se onlangse staatsrede deur Suid-Afrika se "afwaartse spiraal" te betreur.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 "O'Malley archives". Besoek op 31 Januarie 2013.
- ↑ 2,0 2,1 "Who's Who Southern Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2018. Besoek op 31 Januarie 2013.
- ↑ 3,0 3,1 Dorfling, Cara-Lee. "Tertius Delport het groot bydrae gelewer". Netwerk24. Besoek op 26 November 2023.