Gaan na inhoud

Jörg Haider

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jörg Haider in 2007.

Jörg Haider (Duits: [ˈjœʁk ˈhaɪdɐ] ⓘ; 26 Januarie 195011 Oktober 2008) [1] was 'n Oostenrykse politikus. Hy was by twee geleenthede goewerneur van Karintië, die jarelange leier van die Vryheidsparty van Oostenryk (FPÖ) en later voorsitter van die Alliansie vir die Toekoms van Oostenryk (Bündnis Zukunft Österreich, BZÖ), 'n wegbreekparty van die FPÖ.[2]

Haider was 'n omstrede figuur binne Oostenryk en in die buiteland. Verskeie lande het beperkte diplomatieke sanksies opgelê teen sy party se deelname aan die regering saam met Wolfgang Schüssel se Oostenrykse Volksparty (ÖVP), vanaf 2000. Haider is in 'n motorongeluk dood kort nadat hy die BZÖ in die 2008 Oostenrykse parlementêre verkiesing gelei het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "news.ORF.at – Jörg Haider tödlich verunglückt" (in Duits). Österreichischer Rundfunk. 12 Oktober 2008. Besoek op 13 Oktober 2008.
  2. Schudel, Matt (12 Oktober 2008). "Jörg Haider; Politician Made Far-Right Party A Force in Austria". Washington Post. p. Page C08. Besoek op 13 Oktober 2008.